Oorlewing die Tema van Nuwe Wyn-Etiket

Oorlewing die Tema van Nuwe Wyn-Etiket

DEUR: Maryke Roberts

FOTO'S: Clifford Roberts

Daar is baie indrukwekkende wyn-etikette op winkelrakke en baie bring hulde aan voorvaders, gebeure, skepe wat teen die kus gesink het, of die plaas se geskiedenis, maar min kan spog dat dit hulde bring aan ’n Nguni-koei.

Overhex Wines International tussen Worcester en Robertson kan egter en hul vier splinternuwe wyne bring hulde aan ’n dier met die onwaarskynlike naam van Survivor.

Survivor is in Julie 2007 gebore en het toevallig haar weg na Constantia gevind, ’n plaas buite die pragtige Swartland, nadat sy van ’n trok wat verbygery het, gespring het. En daar land sy binne-in die Cabernet Sauvignon-wingerd! Sy het wonderbaarlik van haar beserings herstel en het vandag reeds vyf nakomelinge, met ’n sesde kalf op pad.